Pages

Thursday, October 6, 2016

Sydney - Public Transport is NOT visitor friendly.

Public transport in Australia has become really, really complicated since my last visit about a year ago! Last year, I could go to the counter at the Airport and purchase a ticket and seniors day excursion. There is an airport surcharge, but after that I could travel anywhere for $2 a day. This year I was turned away from the counter and pointed to the machine. I don't like using machines, but I managed to purchase a single adult ticket to the station close to my children. There was no option for a senior ticket like there used to be.
A few days later I walked to North Sydney station to travel to town. The ticket office was closed, apparently permanently.The first machine did not sell tickets, it only topped up Opal cards. The machine on the floor below - found after quite a search -  sold single tickets, but had no senior option. I paid $4.10 for a ticket to Town Hall - virtually within walking distance if you are fit and have time. There I looked around for somewhere to buy an Opal card, which seems to be essential for travel in Sydney these days. I could not find a ticket office. If there is one, it is well hidden.  I wandered around aimlessly, wondering if I should get an Uber instead. Then I spotted a sign above the door at Woolworths, stating that they sold Opal cards. I had to buy an adult one, as one has to apply online for a seniors Opal card.
By last night, the credit on the card was almost run out, so I went online and tried to apply for a seniors gold Opal card. I filled in the form online, but when I came to the section where I had to fill in my name and sign, I could not complete the form, but was supposed to print, complete, sign and scan the form and my seniors card and mail or email to them. There is no printer or scanner where I am staying. This means that I have to go to town to buy a memory stick, walk a considerable distance back home, save the document, take it back to town to find a place to print it, complete it , have copies made of my seniors card, and have all scanned and emailed or mail it to Opal. And as I have an out of state seniors card, this Opal card will only be valid for 60 days!!
To get a NSW seniors card will take 2 weeks. By then my visit will be almost over. Keep in mind that several people of a certain age are not that comfortable with using the internet, and may find it very difficult and confusing to walk around with luggage in strange places to sort out travel tickets.
Why not have a clear sign and booth at the Airport station saying "Purchase your Opal ticket here. Please note it is essential for public transport."
Most travellers will have a passport and/or drivers licence with their BIRTH DATE on it. If they are old enough, please be kind enough to give them a seniors discount.
Seriously!! Sydney's public transport is NOT visitor friendly. And especially not senior friendly anymore.

Sunday, May 29, 2016

Nuwe inligting oor die beste sterilisasie ouderdom vir honde.

Tydens lesings aan veeartse in Kaapstad in 2015 deur Drs Benjamin L. Hart DVM, PhD, DACVB en Lynette A. Hart, PhD, is plaaslike veeartse blootgestel aan nuwe inligting ten opsigte van die beste ouderdom om honde te steriliseer. Die Harts is beide verwant aan Universiteit van California-Davis se Veeartseny fakulteit.

In meeste wêreld dele word daar aanbeveel dat reuns en tewe op ongeveer 6 maande gesteriliseer word. Oor die afgelope dekade het daar egter navorsing na vore gekom wat aangedui het dat die ouderdom waarop diere steriliseer word,’ n rol speel by die ontwikkeling van gewrigsprobeme en kankers in sekere rasse.

‘n Groot en belangrike oorweging vir vroëe sterilisasie is troeteldier bevolkingsbeheer. Onbeheerde teling lei tot ernstige welsyns probleme. Veeartse aanvaar ook die algemene kennis dat kankers van die prostaat by reuns en melkkliere by tewe verminder of voorkom word deur jong sterilisasie. Daarby word dit ook aanvaar dat reuns wat jonk kastreer word, minder aggressiewe gedrag vertoon as die wat op ‘n later ouderdom kastreer word.

Die Harts het UC Davis se Veeartseny Opleidings Hospitaal se gerekenariseerde rekords oor die langtermyn ontleed om te bepaal of die ouderdom van sterilisasie ‘n invloed op sekere ander toestande het. Die hospitaal sien 50 000 gevalle per jaar.

Hulle het op 8 gewilde honderasse konsentreer. Groot rasse wat bestudeer is, is Golden Retrievers, Labradors en Duitse Herdershonde. Gewilde klein ras honde wat geselekteer is vir die studie is Chihauhas, Yorkshire Terriers en Shi Tzus. Twee lang rug rasse, nl. worshonde en Corgis en is ook by die studie ingesluit.

Golden Retrievers

Die opmerklikste verskille tov sterilisasie ouderdom is in die ras teengekom. In hierdie ras is die voorkoms van gewrigsprobleme redelik hoog. 5% van intakte reuns en tewe ontwikkel ‘n toestand van minstens een gewrig. Reuns wat jonger as 6 maande kastreer is, het ‘n toename in risiko om gewrigsprobleme in minstens een gewrig te kry tot 5 keer hoër as intakte reuns. Tewe se risko vermeerder met 4 keer as hulle jonger as 6 maande steriliseer word. Met sterilisasie tussen 6 en 11 maande is die risiko steeds 2 tot 3 keer meer as in intakte reuns en tewe.

Ten opsigte van die voorkoms van kanker was die verskille tussen geslagte meer opmerklik. Intakte reuns se risiko om limfoom te ontwikkel, is 4%. Reuns wat tussen 6 en 11 maande kastreer is, se risiko is 3 keer meer.

Hulle aanbeveling is dus dat Golden Retriever reuns ouer as 12 maande moet wees voordat hulle kastreer word om ‘n toename in gewrigs probleme en kankers te voorkom.

By intakte tewe is die risko van kanker 3%. Tewe wat op enige ouderdom gesteriliseer word, se kanker risiko is 3 keer meer.

Dit laat my wonder of soortgelyke studies op mense gedoen is? Verhoog histerektomie met verwydering van eierstokke in vrouens die risiko van kanker?

Labradors

Intakte reuns en tewe se risiko om minstens een gewrigsprobleem te hê, is 5%. As reuns jonger as 6 maande kastreer word, verdubbel die risiko. Met kastrasie na 6 maande is daar nie ‘n verhoogde risiko nie.

In tewe verdubbel die risiko van gewrigsprobleme as hulle jonger as 1 jaar gesteriliseer word. Die Harts beveel dus aan dat Labrador tewe eers na hulle eerste lewens jaar gesteriliseer behoort te word. Die voorkoms van kankers in intakte Labradors is 3 tot 4%. Sterilisasie op enige ouderdom beinvloed nie die risiko nie.

Duitse Herdershonde

Intakte honde se risko vir een of meer gewrigsprobleme is 5 tot 7% . Sterilisasie van reuns en tewe jonger as 1 jaar verhoog die risiko 3 keer. Hoewel heup displasie in die ras baie aandag geniet, word vroëe sterilisasie meer dikwels met skeuring of ruptuur van die kraniale kruisligament in die knie gewrig assosieer.

Klein honderasse

In die klein honderasse wat bestudeer is, is gewrigsprobleme feitlik afwesig. Vroëe sterilisasie word assosieer met slegs ‘n 1 tot 3 % voorkoms van ‘n gewrigsprobleem. Dit word nie as statisties betekenisvol geag nie. Kankers in intakte honde se voorkoms wissel van 0 tot 2%. In gesteriliseerde reuns en tewe is die voorkoms minder as 1%.  Dit lyk dus asof jong sterilisasie nie enige gesondheid risiko vir die klein honderasse inhou nie.

Lang rug honde

In Worshonde is gewrigsprobleme in intakte honde feitlik afwesig. Sterilisasie van beide geslagte verhoog nie die risiko nie.
Corgis het ‘n hoë voorkoms van gewrigsprobleme van 6 to 7%. Sterilisasie op enige ouderdom beinvloed dit nie.

Kankers in worshonde is baie skaars. Daar was geen voorkoms van enige van die kankers wat in die studie oorweeg is, in intakte of gesteriliseerde worshonde nie. Intakte Corgis se kanker voorkoms is 3 tot 5%. Sterilisasie op enige ouderdom verander dit nie.

Die voorkoms van tussenwerwel skyfie probleme in worshonde is so hoog as 30 tot 50%. Sterilisasie van beide geslagte beinvloed nie die syfers nie. Corgis se risiko vir die toestand is 3 tot 5%. By hulle het sterilisasie ook geen invloed op die voorkoms hiervan nie.

‘n Groot oorweging ten gunste van jong sterilisasie van tewe is dat dit die risko van melkklier kanker heeltemal uitskakel, indien dit voor die eerste hitte gedoen word. In die rasse in die studie was die voorkoms van melkklier kanker in intakte tewe nie meer as 6% nie.

Vroëe sterilisasie verhoog die voorkoms van urien lekkasies in tewe met tot 10%. Die probleem is glad nie gesien in intakte tewe wat die Harts tot op 8 jaar gevolg het nie.

Wat probleem gedrag in reuns aanbetref, was die Harts se gevolgtrekking dat die waarskynlikheid dat laat kastrasie sal help om aggressiewe gedrag te onderdruk ewe groot as die waarskynlikheid dat vroëe kastrasie dit sal voorkom.

Die gevolgtrekking uit die studie is dus dat dit blyk asof jong sterilisasie van klein rasse geen negatiewe uitwerkings tov gewrigsprobleme en kankers het nie en dat die aanbeveling van sterilisasie teen ongeveer 6 maande nie verander hoef te word nie.

By die groot rasse wat bestudeer is, was daar rasverskille en net drie rasse is bestudeer. In die algemeen lei ek egter af dat groot rasse nie voor die begin van hulle 2 de lewensjaar gesteriliseer behoort te word nie. Dit sal ongelukkig meebring dat van die tewe op hitte sal kom met die probleme wat dit inhou. My raad sou dus wees om die voor en nadele met u eie veearts te bespreek, met inagneming van u eie omstandighede en van die feit dat die inligting nog nie algemeen toegepas word nie.  Van die inligting weerlê “feite” wat ek as korrek aanvaar het gedurende my lang loopbaan as veearts. Dit is egter so dat voortdurende navorsing en die beskikbaarheid van veel meer data, sowel as die vermoë om dit te ontleed van tyd tot tyd tot nuwe kennis en beter metodes in my beroep sal lei.

Friday, April 1, 2016

High Flight by J.G. Magee

Oh, I have slipped the surly bonds of earth,
And danced the skies on laughter-silvered wings;
Sunward I've climbed and joined the tumbling mirth
Of sun-split clouds, and done a hundred things
You have not dreamed of- wheeled and soared and swung
High in the sunlit silence.
Hov'ring there,
I've chased the shouting wind along and flung
My eager craft through footless halls of aie.
Up, up the long delirious burning blue,
I've topped the windswept heights with easy grace,
Where never lark, nor even eagle flew;
And while with silent, lifting mind I've trod
The high untrespassed sanctity of space,
Put out my hand and touched the face of God.